So lyk die hier en nou
Gegewe die feit dat insetkostes met soveel as 52% gestyg het, en die volatiliteit van die afgelope paar jaar se seisoene, is die keuse rondom die tipe kommoditeit wat geplant moet word asook die bemarking van die kommoditeit seker van die belangrikste besluite wat geneem moet word. Hierdie besluite het gevolglik ʼn direkte impak op die langtermyn volhoubaarheid van die boerdery.
As dit kom by die bemarkingsoorwegings van ʼn kommoditeit, speel makro faktore soos die impak van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, ekstreme klimaatstoestande en die impak van die rand/doller-wisselkoers, om maar net paar te noem, tans ʼn beduidende rol.
Dit is egter belangrik om tot die besef te kom dat volatiliteit nie slegs net negatief is nie, maar ook verskeie geleenthede vir produsente kan inhou.
Inflasie is tans op die hoogste vlakke in dekades, wat druk op energie-en voedselpryse uitoefen en gevolglik verbruikerspandering onder geweldige druk plaas. Koppel hiermee die verhoging in rentekoerse en die vrese van stagflasie en ʼn moontlike resessie kan bewaarheid word.
Tereg kan die vraag gevra word, “Wat nou?”
As produsent wat op die vooraand staan van ‘n nuwe somerseisoen is deeglike en tydige beplanning vir insetkoste en die bemarking van jou oes nou meer as ooit, krities.
Senwes, die produsent se beplanningsvennoot
In die lig hiervan, tree Senwes met trots na vore as ʼn kundige beplanningsvennoot en staan deskundiges gereed om produsente by te staan in alle aspekte van hul boerdery – vanaf grondontledings, produksiebeplanning ten opsigte van insette, die fisiese lewering van graan en die bemarking daarvan.
Met baie goeie ondervog sowel as die voortsetting van gunstige kommoditeitspryse het baie meer produsente in die winter koring aangeplant as in die onlangse verlede. Daar word ook voorsien dat die tendens van groter sonneblom en sojaboon aanplantings vir die komende seisoen gaan voortduur. Verskaffingsooreenkomste tussen Senwes en verskeie saadmaatskappye sal help om te verseker dat daar voldoende volumes saad beskikbaar sal wees vir dié verwagte verhoogde aanplantings.
Senwes het ook reeds ʼn proses onderneem om voorseisoenkontrakte met produsente te sluit vir 5% van hul langtermyn gemiddelde opbrengs. Sodoende kan prysonsekerheid versag word en insetkoste tot ʼn mate gedek word. Soos die aanplantings vorder, sal hierdie persentasie verhoog word.
In terme van prysbestuur vir elke produsent se graan, bied Senwes ʼn verskeidenheid opsies aan die produsent, waaronder vastepryskontrakte, geweegde gemiddelde pryskontrakte, minimum pryskontrakte, minimum/maksimum kontrakte asook basiskontrakte.
Kontak ons vandag nog
Agri Credit Solutions (ACS): 018 464 7300
Bastion: 018 464 7822
Grainlink Bedryf: 018 464 7340
Hinterland: 018 464 7570
NviroTek: 012 252 7588
Senwes Equipment: 018 464 7796