Gedurende Q4 het die resultate verhoog weens hoër volumes verkope in die marktoegang- en insetkanaalsegmente, meer spesifiek in die Senwes Equipment besigheid. Die hoër resultate is voorts geskoei op die positiewe kontantvloei posisies van die Senwes kliënte basis wat onder andere aanleiding gegee het tot verhoogde verkope in die algemeen.
Indien die verwagte wesensverdienste verander nader aan die jaareinde sal ‘n verdere aankondiging gemaak word. Senwes sal sy jaarlikse finansiële resultate vir 30 April 2023 op of ongeveer op 27 Junie 2023 publiseer.
In opdrag van die Raad van Direkteure.
EM Joynt (Mev)
GROEP MAATSKAPPYSEKRETARIS
Tel nr. (018) 464 7104