Volhoubaarheid
Volhoubare bestuur is integraal tot ons strategie en aktiwiteite omdat dit die volhoubaarheid van Senwes as lopende saak ondersteun. Ons is verbind daartoe om die volhoubaarheid van ons besigheid te verseker en terselfdertyd ’n bydrae te lewer tot die voortbestaan van ’n regverdige, billike en stabiele gemeenskap, sowel as die bewaring van die ekostelsel. Ons doen dit deur bewus te wees van ons aksies en die impak van ons aksies op die gemeenskap en die natuurlike omgewing en deur die ontwikkeling van strategieë wat die negatiewe impak sal minimaliseer en die positiewe impak sal optimaliseer.
Thobo Trust
In 2014 is Thobo Trust in die lewe geroep as ‘n onafhanklike trust en as strategiese vennoot vir Senwes se Swart Ekonomiese Bemagtiging en sosio-ekonomiese ontwikkelingsdoelstellings. Senwes werknemers, plaasarbeiders, opkomende boere en gemeenskappe in plattelandse gebiede waar Senwes besigheid bedryf, trek die grootste voordeel uit hierdie besigheidsmodel.
Thobo Trust Webblad |