Die Senwes Groep
SENWES DIEN VAN PLAASHEK TOT MEULDEUR
Die Senwes Groep bedien die landbou- en voedselsektor van plaashek tot meuldeur met ‘n strategiese fokus op ses pilare – landboudienste, hulpbronne, beleggings, logistieke dienste, finansiële dienste en korporatiewe ondersteuningsdienste. Die Senwes groep het bedryfspunte in Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, Kwazulu-Natal, Oos-Kaap en Wes-Kaap en het ’n werksmag van 3 157 personeellede.