Maatskappyprofiel

 

BREEK NUWE GROND

Senwes is een van die toonaangewende agri-besigheide in Suid-Afrika waar klante die hart van die maatskappy simboliseer. Die maatskappy se wortels is stewig geanker in landbou en spog met ‘n ryk en trotse geskiedenis wat oor ‘n tydperk van 113 jaar strek.

ETIEK-KODE PDF 

FOKUSAREAS

Die Senwes Groep van maatskappye rus op vier pilare – Insetverskaffing, Finansiële en Tegniese Dienste, Marktoegang en Verwerking, kondisionering en markte in die Noordwes, Vrystaat, Gauteng, Kwazulu-Natal, Oos-Kaap, NoordKaap en Wes-Kaap. Die Senwes Groep het ‘n geïntegreerde besigheidsmodel wat sy kerndoelstelling fasiliteer, naamlik om ‘n betekenisvolle bydrae te lewer tot voedselsekerheid in Suid-Afrika.

 

FINANSIËLE DIENSTE

AGRI CREDIT SOLUTIONS

Agri Credit Solutions is 'n geregistreerde kredietverskaffer wat finansiële produkte aan produsente bied via die Senwes Credit, Suidwes Credit en KLK Credit handelsmerke. Agri Credit Solutions dien as die finansieringskakel tussen landbouprodusente en Senwes se ander bedrywe.

Meer oor Agri Credit Solutions

AGRI CS BATEFINANSIERING

Die Agri CS Batefinansieringshandelsmerk bied omvattende finansiële dienste, gefokus op roerende bates.

Meer oor Agri CS Batefinansiering

 

MOLEMI SELE

Molemi Sele Management is die eienaar van 'n selversekeringskema vir kredietlewens-versekering binne Guardrisk Lewens. Molemi Sele Management fokus op die onderskry-wings¬risiko's binne die kredietlewensversekeringsdomein.

Meer oor Molemi Sele

CERTISURE

Die Certisure Groep is 'n versekeringsgroep, wat spesialiseer in finansiële beplanning, bate-, oes-, kredietlewens-, korporatiewe en wildversekering, sowel as begrafnisdekking en mediese skemas. Certisure bied makelaars- en administratiewe dienste, sowel as finansiële beplanningsoplossings, wat die risikobehoeftes van kliënte aanspreek en oplossings bied.

Meer oor CertiSure

RADDIX

Die Raddix Groep lewer versekeringsmakelaars- en intermediêre dienste, sowel as finansiële beplanningsoplossings regoor verskeie marksegmente. Intermediêre dienste word regoor die persoonlike, kommersiële, landbou- en oesversekeringsegmente gelewer, terwyl makelaarsdienste vir lewensversekering gelewer word in 'n wye verskeidenheid van segmente.

Meer oor Raddix

SS WEALTH PLANNING

SS Wealth Planning is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer wat welvaartskepping fasiliteer, by wyse van 'n wye reeks welvaartbeplannings- en verwante dienste ten einde langtermyn finansiële gemoedsrus vir kliënte te verseker.

Meer oor SS Wealth Planning

THOBO TRUST

Thobo Trust is ’n onafhanklike trust en strategiese vennoot vir Senwes se breë-basis swart ekonomiese bemagtigings- en sosio-ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte.

Gemeenskappe waar Senwes besigheid bedryf, trek die meeste voordeel uit hierdie besigheidsmodel.

Meer oor Thobo Trust

INSETVERSKAFFING

SENWES EQUIPMENT

Senwes Equipment is 'n landboutoerustings- en dienstegroep, wat landboumeganisasie-produkte en implemente sowel as instandhoudings- en presisieboerderyoplossings aan produsente bied.

Meer oor Senwes Equipment

HINTERLAND GROEP

Die Hinterland Groep, wat beide Senwes Village en Suidwes handelstakke insluit, spesialiseer in die verskaffing van insetprodukte vir 'n verskeidenheid boerderypraktyke deur sy kleinhandel- en brandstofbesighede. Die groep bied ook 'n wye reeks hardeware en geriefsprodukte aan die algemene publiek.

Meer oor die Hinterland Groep

JDI

JD Implemente verbreed Senwes Equipment se geografiese voetspoor deur landbou-meganisasie- en instandhoudingsoplossings in die Wes- en Oos-Kaap te bied.

Meer oor JDI

STAALMEESTER

Staalmeester vergroot Senwes Equipment se produkaanbieding deur die vervaardiging en invoer van landboutoerusting vir klein en mediumgrootte landbouers.

Meer oor Staalmeester

FALCON

Falcon vergroot Senwes Equipment se mededingende voordeel in die landbousektor deur die vervaardiging en verspreiding van onderdele en implemente, wat deur 'n trekker getrek word, aan die Suid-Afrikaanse en sub-Sahara landbou- en grasbaanmarkte.

Meer oor Falcon

KLK

Die KLK Landbou Groep het ten doel om deur sy kleinhandelstakke en Build It winkels, sowel as sy groothandel- en kleinhandelbrandstofbesighede, landbou-insetprodukte en verskeie geriefsprodukte aan die algemene publiek te versprei en te verkoop.

Meer oor KLK

BASTION

Die Bastion Groep spesialiseer in die produksie en bemarking van hoë kwaliteit kalk- en gipsprodukte vir landbou en industriële doeleindes.

Meer oor Bastion

AGRINET

Agrinet en Prodist is groothandelaars en verspreiders van 'n wye verskeidenheid industriële produkte en algemene ware, besproeiingsreekse en handelsmarkte in Suid-Afrika en buurstate. Agrinet is in die proses om by Prodist ingelyf te word.

Meer oor Agrinet

PROTEK

Protek bied oplossings vir huis- en tuinplaagbeheer en plantvoeding. Sy produkte word deur toonaangewende hardewarewinkels, kwekerye, kettingwinkels, koöperasies en onafhanklike kleinhandelaars regdeur Suid-Afrika versprei.

Meer oor Protek

NVIROTEK

NviroTek Laboratoriums is een van die grootste onafhanklike landboulaboratoriums in Suidelike Afrika. Die groep voer 'n menigte laboratoriumtoetse uit ten einde bystand te verleen met besluitnemingsprosesse regoor verskeie sektore.

Meer oor NviroTek

SENWES LANDBOUDIENSTE

Senwes Landboudienste spesialiseer in landbou-ekonomiese dienste, prestasie en tegniese effektiwiteitsanalises en -vergelykings.

Meer oor Senwes Landboudienste

MARKTOEGANG

SENWES GRAINLINK

Senwes Grainlink spesialiseer in die hantering en opberging van graan en oliesade en is tussen die produsent en die afnemer geposisioneer. Senwes Grainlink lewer ook dienste aan die graanafnemer.

Meer oor Senwes Grainlink

GRAANMARKINTELLIGENSIE

Graanmarkintelligensie fokus op hoëwaarskynlikheidsverhandeling en -opsieboek, graanverkryging, besluitneming met betrekking tot voorraad, voorraadaanbiedings via Basislink, lewering en die ontwerp van oplossings.

Meer oor Graanmarkintelligensie

GRAINOVATION

Grainovation bied gespesialiseerde logistieke oplossings aan beide die produsent en die afnemer van graan en oliesade.

Meer oor Grainovation

ELECTRONIC SILO CERTIFICATES

Electronic Silo Certificates bied 'n veilige en effektiewe wyse waarop elektroniese silosertifikate via die internet of slimfone bestuur kan word.

Meer oor ESC

SENWES SAAD

Senwes Saad het homself oor dekades gevestig as 'n uitstekende saadverwerker met 'n goeie reputasie onder produsente in die mark.

Meer oor Senwes Saad

SENWES GRAANMAKELAARS

Senwes Graanmakelaars tree op as ’n makelaarsagent vir kliënte wat toegang tot die JSE (Safex) Landboukommoditeitsafdeling wil verkry.

Senwes Graanmakelaars bied ’n geleentheid vir produsente, verbruikers en spekulante om potensiële markgeleenthede te verskans of daaraan deel te neem.

Meer oor Senwes Graanmakelaars

KLK

Die KLK Landbou Groep spesialiseer in die verkryging, verwerking, verspreiding en verkoop van landboubenodigdhede, -produkte, -dienste en nisprodukte in die Noord-Kaap deur sy kleinhandel-, lewendehawe-, brandstof-, motoragentskap- en finansiële dienstebesighede.

Meer oor KLK

SUIDWES

Suidwes Holdings het gegroei tot 'n groot en gerespekteerde landboubesigheid. Dit is geografies een van die grootste landboubesighede in Suid-Afrika en bedien 'n oppervlakte van 13,5 miljoen hektaar.

Meer oor Suidwes

PROSESSERING, VOORBEREIDING EN MARKTE

CARPE DIEM RAISINS

Carpe Diem Raisins is 'n gevestigde handelsmerk in die internasionale rosyntjiemark. Carpe Diem Raisins koop, verwerk en verpak rosyntjies wat organies geproduseer word langs die Oranjerivier, en bemark dit in hoofsaak aan die internasionale mark.

Meer oor Carpe Diem Raisins

KLK VOERKRAAL, ABATTOIRS EN AFSLAERS

Die KLK skaapvoerkraal verseker dat diere markgereed gemaak word. KLK se abattoirs en afslaerspersele hanteer die slag en verkoop van skaap- en beeskarkasse in die Noord-Kaap.

Meer oor KLK

AFRICUM MILLS

Africum Mills is in Wolmaransstad in die Noordwes provinsie geleë en is gekoppel aan die groep se Wolmaransstad silo. Die meule kan verskeie mielieprodukte produseer. Africum Mills is nie tans in gebruik nie en word gehou vir verkoop.

BOTSELO MILLS

Botselo Mills is 'n familiebesigheid geleë in Delareyville in die Noordwes provinsie. Botselo Mills produseer 'n groot verskeidenheid kwaliteit wit- en geelmielieprodukte. Die meule het 'n ook 'n bieraanleg, wat sy eie gespesialiseerde bierpoeier produseer. Senwes se aandeelhouding in Botselo Mills word tans gehou vir verkoop.

SENWES SAAD

Senwes Saad het homself oor dekades gevestig as 'n uitstekende saadverwerker met 'n goeie reputasie onder produsente in die mark.

Meer oor Senwes Saad

SA DORPER

SA Dorper hanteer die verwerking en uitvoer van Dorpervelle en beeshuide.

Meer oor SA Dorper

KLK

Die KLK Landbou Groep spesialiseer in die verkryging, verwerking, verspreiding en verkoop van landboubenodigdhede, -produkte, -dienste en nisprodukte in die Noord-Kaap deur sy kleinhandel-, lewendehawe-, brandstof-, motoragentskap- en finansiële dienstebesighede.

Meer oor KLK

SUIDWES

Suidwes Holdings het gegroei tot 'n groot en gerespekteerde landboubesigheid. Dit is geografies een van die grootste landboubesighede in Suid-Afrika en bedien 'n oppervlakte van 13,5 miljoen hektaar.

Meer oor Suidwes