Steve is die ondervoorsitter van die raad van direkteure sedert 2010 en het uitgebreide besigheids- en korporatiewe ervaring. Sy loopbaan strek vanaf die akademiese omgewing, deur die range by Trust Bank waarna hy die posisie van hoof uitvoerende beampte van Absa Bpk beklee het. Hy is ook die direkteur van verskeie besigheidsentiteite asook ‘n raadslid van die Universiteit van Pretoria.
Lidmaatskap van direksiekomitees: Oudit (Voorsitter), Belegging (Voorsitter), Nominasie en Vergoeding
Ander belangrike direkteurskappe: Efficient Groep Bpk, Steinhoff Bpk, Clover Bpk, Vukile Properties Bpk